Saturday, September 15, 2007

15/9/07


Phillip is terug van Botswana af. Ek het Andrew vanoggend saam met hom gestuur. Tyd vir bietjie male bonding hehe. Maar die eintlike rede was dat ek en Nerine bietjie alleen tyd nodig gehad het. Ons het gaan shop, shop, shop!!!! Dit was so lekker. Selfs die besige winkels oor 'n naweek het my nie gepla nie. Ons het omtrent 'n uur in die "Build a Bear Workshop" spandeer. Hier is haar nuwe "kind" hehe. Cheeky is gebore op 15 Sept 07 met 'n gewig van 12 ounces, gesonde bruin "furry coat" en swart ogies volgens haar geboorte sertifikaat. Nerine is 'n Cheetah Girl en Highschool Musical fan en Cheeky MOES toe 'n cheerleader outfit kry. Dit het my 'n kleinhuisie vol geld gekos, maar dit was die moeite werd.


3 comments:

Natacha said...

Ai Glou, ek kan dink dit was lekker om so 'n bietjie girl tyd te kon spandeer met Nerine!!!! Ek is seker sy was ook net so mal daaroor!

Tanja said...

Glad you had a good time shopping!

Unknown said...

What a cute toy!