Wednesday, July 25, 2007

25/7/07


Mmmm... ja.... Ek het 'n hele paar dae gemis. Tussen aflos by die skool, partytjie reel en die skoolvakansie wat verby is (wat beteken ek hardloop in die middae weer rond agter kinders aan), het ek nie by fotos neem uitgekom nie. Nerine verjaar Vrydag. More en Vrydag los ek weer af by die skool, so vanaand was die enigste tyd wat ek gehad het om cupcakes te bak. Hoop die goed bly vars. 'n Hele 50 van die goed. En ek is alles behalwe 'n bakster.... Eerste baksel was bleek en het soos skons geproe. Well.... lo & behold... ek het net 1 koppie suiker ingesit in plaas van 5 en heeltemal vergeet van die vanilla essence. Grrrr.... Moes toe weer begin. Hulle lyk darem heel eetbaar hehe!