Wednesday, December 19, 2007

19/12/07


Die vakansie in kort... Strand, Ushaka, Wild Coast, 4x4 by Oribi Gorge... Son, sand, see... en reen!!!

Tuesday, December 18, 2007

18/12/07


Wel, ons is terug. Ons het goor weer gehad. As ons 4 dae sonskyn gehad het, was dit baie. Maar ons het dit nog steeds geniet. Die 2 weke het gans en al te gou verby gegaan. Ushaka was weereens 'n wenner. Hier is ek en die kinders in die Snorkel Lagoon. Verwag maar nog baie vakansie fotos!

Friday, November 30, 2007

30/11/07

Ons ry more see toe!!!!! Ek belowe om elke dag fotos te neem en te kom post as ek terug is. Sien julle weer die 18de Desember!!

Sunday, November 25, 2007

2225/11/07

Ontbyt saam met die ander ma's wat in die snoepie werk. Ons het elkeen 'n pragtige teepot gekry as dankie geskenk.

Saturday, November 24, 2007

24/11/07


Ek en die kinders het gemmerkoekmannetjies gebak. 60 van hulle!!! Andrew dink dit lyk meer na gemmerkoek monstertjies hehe! Ons het groot pret gehad!

Tuesday, November 20, 2007

20/11/07


Die skool het vandag gesluit. Eksamens is verby!!!! Whooo hooo!! More kan ons laat slaap. VAKANSIE!!!! Daar was vanaand 'n hop by die skool vir Gr. 4 - 7. Dis 'n dans vir die wat wonder. Dis die eerste keer wat Nerine na so iets toe gegaan het. Ek het van 6 uur af gesit met my hart wat in my keel klop. Sy word gans en al te gou groot. Ons het vanmiddag haar hare laat sny en toe sommer laat straigten ook. Sy't sommer groot gelyk. Ek was so trots op haar. Ek het haar half 10 gaan haal en sy het dit vreeslik geniet. Nou kan ek met 'n rustige hart in die bed gaan klim.

Monday, November 19, 2007

19/11/07

Ek weet nie wat die biologiese naam vir die is nie, ken dit net as maanblomme. Hulle blom as die maan vol is en ruik ongelooflik lekker. Dis die maklikste goed om te groei. Die eerste foto lyk heel "flat". Dis 'n diep blom. Ek het geel, wit en rooi in my tuin.

Saturday, November 17, 2007

17/11/07




Hierdie is 'n teestel wat ek by my ouma geerf het. Ek is nie eintlik een vir sulke goed nie, maar die teestel het my so gefassineer toe ek klein was dat my ouma seker gedink het dat ek eendag mooi na hom sal kyk. Ek het nie 'n idee waar dit vandaan kom nie, maar dis duidelik van Chinese oorsprong. Dit was nie die drake wat my so gaande gehad het nie, maar die afbeelding van 'n Chinese vrou se kop onder in die koppie as dit teen die lig gehou word. As die koppie in 'n piering staan, sien mens dit nie.

Friday, November 16, 2007

16/11/07


Dit was vanaand Gr. R Gradeplegtigheid. Ek was super trots op my pragtige klein seuntjie!

Thursday, November 15, 2007

15/11/07

Andrew... my hart se punt. Dis my sonskyn, lag en liefde kind. Hy druk en soen sonder ophou. Moreaand is sy gradeplegtigheid. Ek kan nie glo my ou babatjie gaan Gr. 1 toe nie. Snik... snik...

Wednesday, November 14, 2007

14/11/07


Nerine is besig met eksamen. UGH! Ek haat dit. Maar nou ja, dit moet seker gedoen word. Dit was so warm vanmiddag dat sy maar 'n breek gevat het en gaan afkoel het in die swembad. Roll on Dinsdag! Dis die laaste dag van die kwartaal!! Whoo hoo!!

Tuesday, November 13, 2007

13/11/07

Een van my cycas wat besig is om nuwe blare te kry en 'n ander een wat alreeds nuwe blare het.

Sunday, November 11, 2007

11/11/07

Dit was 'n heerlike sonskyn somersdag in Gauteng. Terwyl Phillip die vuur aangesteek het, het Nerine en Andrew geswem. En wat is dan nou lekkerder as 'n skyf waatlemoen vir so 'n warm dag?


Thursday, November 8, 2007

8/11/07


Ek was alweer vandag kleuterskool juffrou. Maar dit was nie die gewone dag nie... dit was kersspel kleedrepitisie.... om 30 kleuters aangetrek, gegrimeer te kry en dan nog te sorg dat dinge glad verloop was geen grap nie. EN ek het my kamera by die huis vergeet!!! Daar was hordes photo op's!!!! En nou ja... by die huis was daar geen gewillige onderwerpe nie. Almal was besig met iets. Nerine leer vir die eksamen en is glad nie in 'n bui vir 'n smile nie. Andrew het sy Playstation vandag erg gemis en kon homself nie wegskeur vir 'n fotosessie nie. Selfs die honde wou nie saamwerk nie. Al wat lank genoeg stil wou sit vir 'n foto was die blomme in 'n vaas in die kombuis. Hierdie is 'n angelier. Nie my gunsteling blom nie, dit laat my aan 'n begrafnis dink.

Wednesday, November 7, 2007

7/11/07

Ek was alweer MIA. Daar is deesdae net nie genoeg ure in die dag om by alles uit te kom nie. Ek het vir Andrew se juffrou so ruk terug 'n indeks boekie versier (ja, self 'n digiscrapper scrap so nou en dan op die spoeg en plak manier!!) Sy't my gevra om vir die 3 juffies wat weggaan einde van die jaar iets soortgelyks te maak. Wel, dis waarmee ek vanaand besig was. En hier is die eindprodukte. Ek moet erken dat ek dit geniet het, maar digiscrapping is nog steeds vir my lekkerder. En.... ek neem eerder nie af hoe die tafel gelyk het na hierdie scrapping sessie nie!!!!







Tuesday, October 30, 2007

30/10/07


Ek los op die oomblik af by die kleuterskool. 26 6 jariges put mens uit. Ek is te moeg om fotos te kom neem. Hier is 'n foto was Saterdag geneem is van flaminke by die dieretuin.

Monday, October 29, 2007

29/10/07











Ek en Erica het die kinders na Johannesburg Dieretuin se "Howloween" aand toe gevat Saterdag. Andrew het dit soooooo geniet. Die dieretuin het soveel moeite gedoen. Selfs die perde was in kostuum. Dit was regtig die moeite werd. Hier is Nerine, Angelique, Angelique en Keira in hulle kostuums.








Sunday, October 28, 2007

28/1007


Een of ander pit viper by die Jhb dieretuin. 'n Wonderlike "subject".... hy le doodstil sodat jy fotos na hartelus kan neem hehe! Ons was daar vir hulle Halloween aand. Ek sal later fotos van die kinders post in hulle kostuums.

Friday, October 26, 2007

26/10/07







Dit reen al heeldag. Nerine en Andrew is in mekaar se hare.... Ek en Andrew het maar gaan fotos neem toe dit effe ophou reen. Hy't al die mooiste druppeltjies gesoek. Ek het besluit ek soek 'n macro lens en 'n ringlight vir kersfees.






Wednesday, October 24, 2007

24/10/07


Ek was effe siek met laringitis en moes met siek lyf en geen stem nog aflos by die kleuterskool ook. Vir fotos neem was daar nie vreeslik baie tyd nie. Ek het vanmiddag bietjie gespeel. Hierdie fotos is vir 'n "liquid challenge" op DSSA.


Friday, October 19, 2007

19/10/07


'n Geel Inca lelie in my tuin.

Wednesday, October 17, 2007

17/10/07


Nerine se oog met sonsondergang.

Tuesday, October 16, 2007

16/10/07


Nerine & Andrew, die twee liggies in my lewe.

Monday, October 15, 2007

15/10/07


Die kinders was nie beskikbaar as modelle nie, toe moet die pitbull maar doen. Hy's die onwilligste, moedswilligste model wat daar is. Hy hou duidelik nie van die kamera nie LOL!!! Kon darem sy oog afneem....

Friday, October 12, 2007

10/10/07


Na al die reen is daar baie fungus in my tuin. Hierdie was nogal vir my mooi.


Monday, October 8, 2007

8/10/07


Nerine & Andrew saam met Angelique (niggie).

Sunday, October 7, 2007

7/10/07


'n Roos met waterdruppels na reen...

Friday, October 5, 2007

5/10/07


Andrew se gunsteling speelplek. Hy kon nie wag dat dit ophou reen sodat hy kon gaan buite speel nie.

Tuesday, October 2, 2007

2/10/07


Gisteraand se Mac & cheese. Dit was 'n wenner. Daar het NIKS oorgebly nie.

Wednesday, September 26, 2007

26/9/07


Andrew met skoonsus se worshond. Darem maar 'n mooi ou seuntjie!!!

Tuesday, September 25, 2007

25/9/07


'n Dare om cleavage te flash, vasgele op kamera. Ai jai jai!!! Snaaks hoe alkohol mens moed gee en jou inhibisies so biejtie-bietjie laat verdwyn.

Sunday, September 23, 2007

23/9/07




Dit was gisteraand Nerine se dans studio se konsert. Sy doen hip-hop. Dit was so oulik.


Thursday, September 20, 2007

20/9/07


Hierdie blomme voorspel gewoonlik reen. Ek hoop hulle is reg!!! Ek weet nie wat se blomme dit is nie, maar die hele struik is oortrek met fyn pienk kwassies.

Tuesday, September 18, 2007

18/9/07


Dit was kaskardag by die skool. Elke klas moes volgens 'n tema aantrek. Iemand se perd het losgekom en amok gesaai op die rugbyveld. Darem niks ernstigs nie, hy's sommer gou weer gevang.

Saturday, September 15, 2007

15/9/07


Phillip is terug van Botswana af. Ek het Andrew vanoggend saam met hom gestuur. Tyd vir bietjie male bonding hehe. Maar die eintlike rede was dat ek en Nerine bietjie alleen tyd nodig gehad het. Ons het gaan shop, shop, shop!!!! Dit was so lekker. Selfs die besige winkels oor 'n naweek het my nie gepla nie. Ons het omtrent 'n uur in die "Build a Bear Workshop" spandeer. Hier is haar nuwe "kind" hehe. Cheeky is gebore op 15 Sept 07 met 'n gewig van 12 ounces, gesonde bruin "furry coat" en swart ogies volgens haar geboorte sertifikaat. Nerine is 'n Cheetah Girl en Highschool Musical fan en Cheeky MOES toe 'n cheerleader outfit kry. Dit het my 'n kleinhuisie vol geld gekos, maar dit was die moeite werd.


Friday, September 14, 2007

14/9/07


My tuin is maar vaal. Die simpel pitbull vreet die sproeiers op, so nou loop die boorgat nie. Daar is darem so 'n paar geharde Inca lelies wat blom en ek het 400 saailinge gekoop wat die naweek geplant moet word.


Thursday, September 13, 2007

13/9/07


'n Teken dat dit beslis warmer word. My Koi's swem rond en is permanent honger. Hulle is HUGE!!! Ek kon net 3 van hulle inkry. Hulle is nie baie gewillige modelle nie LOL

Wednesday, September 12, 2007

12/9/07


Alweer 'n foto van Nerine. Andrew is nie meer 'n gewillige model nie hehe! As ek sulke fotos van my meisiekind sien, klop my hart in my keel. Sy word gans en al te gou groot!!!


Monday, September 10, 2007

10/9/07


Ek het al my eerste kersversierings vir die jaar gekoop! Is hy nie net te oulik nie!!


Friday, September 7, 2007

7/9/07


Nog 'n huiswerk foto - weereens minimum depth of field. Hierdie is my Costa Boda kristal kerse in 'n ry.