Thursday, June 12, 2008

Sommer iets van alles...

Ek het soveel fotos om op te sit dat dit nou werklik vir die volgende ruk nie " 'n foto 'n dag blog" gaan wees nie. Ek moet opvang!!!



Andrew blaas sy kersies. Dit was al die 3de koek! Die rooi harte op die wange en die hartjies op die hemp was vir Valentyns dag by die skool.



Een van die baie min fotos van my en my kids.



Andrew as 'n seerower by 'n partytjie.




Sommer net iets wat ek mee gespeel het in PS.



Nerine en Andrew by 'n 80's partytjie.

Genoeg vir 1 dag, sal more nog post.

Sunday, June 8, 2008

Andrew se verjaarsdag

Sjoe, ek het omtrent lanklaas geblog. So baie om op te vang...
Begin maar by die begin.
Andrew se verjaarsdag. Ek het mense gekry met 'n klomp snaakse diere. Die uil was 'n besliste wenner en die pelikaan was 'n fotovraat wat in elke foto wou wees.


Dis 'n Bosch monitor. Grillerigge knaap.

Die aller oulikste stekelrige baba dingetjie.

Die hele partytjie groep en die pelikaan. Daar was ook nog hissing cockroaches van Madagaskar, 'n slang, rotte en nog meer. Die kids het dit verskriklik geniet.