Thursday, June 12, 2008

Sommer iets van alles...

Ek het soveel fotos om op te sit dat dit nou werklik vir die volgende ruk nie " 'n foto 'n dag blog" gaan wees nie. Ek moet opvang!!!



Andrew blaas sy kersies. Dit was al die 3de koek! Die rooi harte op die wange en die hartjies op die hemp was vir Valentyns dag by die skool.



Een van die baie min fotos van my en my kids.



Andrew as 'n seerower by 'n partytjie.




Sommer net iets wat ek mee gespeel het in PS.



Nerine en Andrew by 'n 80's partytjie.

Genoeg vir 1 dag, sal more nog post.

Sunday, June 8, 2008

Andrew se verjaarsdag

Sjoe, ek het omtrent lanklaas geblog. So baie om op te vang...
Begin maar by die begin.
Andrew se verjaarsdag. Ek het mense gekry met 'n klomp snaakse diere. Die uil was 'n besliste wenner en die pelikaan was 'n fotovraat wat in elke foto wou wees.


Dis 'n Bosch monitor. Grillerigge knaap.

Die aller oulikste stekelrige baba dingetjie.

Die hele partytjie groep en die pelikaan. Daar was ook nog hissing cockroaches van Madagaskar, 'n slang, rotte en nog meer. Die kids het dit verskriklik geniet.

Friday, January 11, 2008

11/01/08











Eerste dag van grootskool vir Andrew. My hart het letterlik gepyn. Maar dit het so goed gegaan. Die eerste dag was volgens hom net bietjie lekker, maar gister was glo sommer baie lekker!!








Tuesday, January 8, 2008

08/01/08

Hier volg die res...

Spook a.k.a. Fugly hou saam partytjie.
Die binnekant van my PC


'n Skaakstel.... ja, ek was verveeld...



Phillip het 'n see tenk by sy kantoor. Hierdie is 'n blue spotted ray wat onder die sand uitloer.



En my gunsteling .... NEMO!!!







Sunday, January 6, 2008

06/01/08

Dinge is besig om stadig maar seker terug te keer na normaal in die Swanepoel huishouding. Tussen kinders besig hou, huis skoon maak ens. was daar bitter min tyd vir blogging. So, nou maak ek maar op daarvoor deur sommer 'n hele klomp fotos te post.

Hier sit al die kinders op 'n ry en wag vir Kersvader.
Kersvader loer deur die venster....
Andrew met sy groot klipman (van Fantastic 4) voete.

Andrew met 'n cheesy smile...



Andrew wil nie glo ek gaan al sy girlfriends eendag opkap in stukke en kook nie hehehe!!! Hier is hy saam met een van sy beste dogtertjie maatjies. Die silhouette was vir my so mooi...

Nog een van hulle 2 saam...


Nerine & Andrew op die trampoline onder 'n sambreel met die rotte...


Dis genoeg vir een dag, ek post more die res.