Thursday, November 8, 2007

8/11/07


Ek was alweer vandag kleuterskool juffrou. Maar dit was nie die gewone dag nie... dit was kersspel kleedrepitisie.... om 30 kleuters aangetrek, gegrimeer te kry en dan nog te sorg dat dinge glad verloop was geen grap nie. EN ek het my kamera by die huis vergeet!!! Daar was hordes photo op's!!!! En nou ja... by die huis was daar geen gewillige onderwerpe nie. Almal was besig met iets. Nerine leer vir die eksamen en is glad nie in 'n bui vir 'n smile nie. Andrew het sy Playstation vandag erg gemis en kon homself nie wegskeur vir 'n fotosessie nie. Selfs die honde wou nie saamwerk nie. Al wat lank genoeg stil wou sit vir 'n foto was die blomme in 'n vaas in die kombuis. Hierdie is 'n angelier. Nie my gunsteling blom nie, dit laat my aan 'n begrafnis dink.

Wednesday, November 7, 2007

7/11/07

Ek was alweer MIA. Daar is deesdae net nie genoeg ure in die dag om by alles uit te kom nie. Ek het vir Andrew se juffrou so ruk terug 'n indeks boekie versier (ja, self 'n digiscrapper scrap so nou en dan op die spoeg en plak manier!!) Sy't my gevra om vir die 3 juffies wat weggaan einde van die jaar iets soortgelyks te maak. Wel, dis waarmee ek vanaand besig was. En hier is die eindprodukte. Ek moet erken dat ek dit geniet het, maar digiscrapping is nog steeds vir my lekkerder. En.... ek neem eerder nie af hoe die tafel gelyk het na hierdie scrapping sessie nie!!!!