Saturday, July 7, 2007

07/07/07


Manicure - reef style!!. Dis 'n ou foto. Ek is besig om 'n paar fotos in te scan. Hierdie is geneem in Guinjata bay, Inhambane, Mosambiek. Hier hou ek my hand vir die cleaner shrimps. Hulle spring sommer dadelik aan die werk en begin knibbel aan jou cuticles! Dis 'n ondervinding. Ugh, ek het lanklaas geduik. Weer hoog tyd!!

06/07/07




Andrew, vuil gesig en al. My hart se punt....


Wednesday, July 4, 2007

4/7/07


Ons het 'n gas vanaand... Dis Caezar. Hy's 'n kruis tussen 'n pitbull en 'n sharpei. Eeeek!!! P het hom gekoop om by die werk aan te hou. Maar P se hartjie is so klein dat hy nie die hond in die koue kan laat slaap nie, met die gevolg dat hy al heel naweek kuier en weer vanaand. My honde hou glad nie van hom nie en hulle is glad nie gelukkig met sy kuiertjies hier nie! Hy wil baie graag met die worshond speel, maar hy vergeet gou sy's dalk klein, maar getrain deur 'n pitbull!!! haha!!

Tuesday, July 3, 2007

3/7/07


Dis my ma se verjaarsdag vandag. Hoe ouer sy word, hoe moeiliker is dit om vir haar iets te koop. Ek het vir haar 'n Corton plant gekoop in 'n funky oranje bak (van Woolies). Toe ry ek die al te bekende pad maar na Mizz Goozberry toe. Daar het ek 'n boks vol van die mees dekadentse Old English Toffee gekoop. Mizz Goozeberry voer haar botter in want die botter hier in SA is nie ryk genoeg nie!!! Eish! Die English Toffee is 'n lekkerny wat jy koop of geskenk kry, wegsteek, vir niemand van vertel nie, wegsteek vir die res van die gesin en hulle maar net laat wonder oor die salige glimlag op jou gesig. Lekker verjaar Ma!! Mag dit 'n jaar vol voorspoed, geluk en gesondheid wees en mag daar nog vele meer wees.