Tuesday, July 3, 2007

3/7/07


Dis my ma se verjaarsdag vandag. Hoe ouer sy word, hoe moeiliker is dit om vir haar iets te koop. Ek het vir haar 'n Corton plant gekoop in 'n funky oranje bak (van Woolies). Toe ry ek die al te bekende pad maar na Mizz Goozberry toe. Daar het ek 'n boks vol van die mees dekadentse Old English Toffee gekoop. Mizz Goozeberry voer haar botter in want die botter hier in SA is nie ryk genoeg nie!!! Eish! Die English Toffee is 'n lekkerny wat jy koop of geskenk kry, wegsteek, vir niemand van vertel nie, wegsteek vir die res van die gesin en hulle maar net laat wonder oor die salige glimlag op jou gesig. Lekker verjaar Ma!! Mag dit 'n jaar vol voorspoed, geluk en gesondheid wees en mag daar nog vele meer wees.

3 comments:

Tanja said...

What beautiful packaging, if I got a present that looked like that I wouldn't even care what was inside :)

Happy birthday to your mother

Natasha said...

that is very pretty!

Siouxsie said...

That is a stunning idea for a birthday present!! Many happy returns to your mom!!