Die skool het vandag gesluit. Eksamens is verby!!!! Whooo hooo!! More kan ons laat slaap. VAKANSIE!!!! Daar was vanaand 'n hop by die skool vir Gr. 4 - 7. Dis 'n dans vir die wat wonder. Dis die eerste keer wat Nerine na so iets toe gegaan het. Ek het van 6 uur af gesit met my hart wat in my keel klop. Sy word gans en al te gou groot. Ons het vanmiddag haar hare laat sny en toe sommer laat straigten ook. Sy't sommer groot gelyk. Ek was so trots op haar. Ek het haar half 10 gaan haal en sy het dit vreeslik geniet. Nou kan ek met 'n rustige hart in die bed gaan klim.
Ek weet nie wat die biologiese naam vir die is nie, ken dit net as maanblomme. Hulle blom as die maan vol is en ruik ongelooflik lekker. Dis die maklikste goed om te groei. Die eerste foto lyk heel "flat". Dis 'n diep blom. Ek het geel, wit en rooi in my tuin.
Hierdie is 'n teestel wat ek by my ouma geerf het. Ek is nie eintlik een vir sulke goed nie, maar die teestel het my so gefassineer toe ek klein was dat my ouma seker gedink het dat ek eendag mooi na hom sal kyk. Ek het nie 'n idee waar dit vandaan kom nie, maar dis duidelik van Chinese oorsprong. Dit was nie die drake wat my so gaande gehad het nie, maar die afbeelding van 'n Chinese vrou se kop onder in die koppie as dit teen die lig gehou word. As die koppie in 'n piering staan, sien mens dit nie.
Andrew... my hart se punt. Dis my sonskyn, lag en liefde kind. Hy druk en soen sonder ophou. Moreaand is sy gradeplegtigheid. Ek kan nie glo my ou babatjie gaan Gr. 1 toe nie. Snik... snik...
Nerine is besig met eksamen. UGH! Ek haat dit. Maar nou ja, dit moet seker gedoen word. Dit was so warm vanmiddag dat sy maar 'n breek gevat het en gaan afkoel het in die swembad. Roll on Dinsdag! Dis die laaste dag van die kwartaal!! Whoo hoo!!